Wat is WISKUNDE?
Wiskunde word algemeen gedefinieer as die studie van patrone in strukture, verandering en ruimte; meer informeel gestel, kan 'n mens sê dat dit die studie van 'getalle en syfers’ is. Uit die formele oogpunt gesien is dit die ondersoek van aksiomaties gedefinieerde abstrakte strukture deur gebruik te maak van simboliese logika en wiskundige notasie; ander uitgangspunte word in die Filosofie van wiskunde bespreek. Wiskunde kan gesien word as 'n eenvoudige uitbreiding van gesproke en geskrewe tale, met 'n uiters presies gedefinieerde woordeskat en taalstruktuur met die doelwit om fisiese en konsepsuele vergelykings te ondersoek.
Pythagoras se Stelling
Pythagoras se Stelling is 'n wiskundige stelling wat vernoem is na die Griekse wiskundige, Pythagoras. Volgens tradisie het Pythagoras die stelling ontdek en bewys,[1] maar die stelling se resultaat was voor Pythagoras se ontdekking aan verskeie antieke bevolkings bekend, waaronder die Egiptenare en die Indiërs.
Die stelling is as volg:
In enige reghoekige driehoek is die kwadraat van die lengte van die skuinssy gelyk aan die som van die kwadrate van die lengtes van die reghoekige sye.
Dit wil sê, gestel daar is 'n reghoekige driehoek met 'n skuinssy met 'n lengte van c en twee reghoekige sye met die lengtes a en b, dan kan die stelling in as die volgende vergelyking uitgedruk word
a kwadraat + b kwadraat = c kwadraat
Baie interessant om soveel dinge te leer oor pythagoras. Sketsie is baie awesome verduidelik die stelling baie goed!!
ReplyDelete